Die Hoërskool Upington se krieketspan is van links, voor: Ruwin Isaacs, Janko Bothma, Jaco Fourie, Herschell Coetzee en Sheldon Cloete

Op Dinsdag 5 Februarie het die krieketliga-eindstryd tussen die Hoërskool Upington en die Hoërskool Duineveld se o.15-spanne op Duineveld se tuisveld plaasgevind.

Velties het die loot gewen en Uppies eerste ingestuur om te gaan kolf.

Uppies het behoorlik die kolf ingelê en ’n allemintige 186 lopies in hul toegelate 25 beurte gekry.

Kolwers wat uitgestaan het was Beno-Wayne Friedberg met 49 lopies en Ricky Slabbert met 57 lopies nie uit nie.

Daarna het Velties die groot taak aangepak en is in om te gaan kolf.

Uppies se boulers het onverbete geveg, beurt na beurt en het Velties almal uitgeboul vir ’n totaal van 147 lopies.

Boulers wat uitgestaan het is Jano Malan met 2 paaltjies en Ricky Slabbert met 5 paaltjies vir die minimale verlies van 18 lopies.

Slabbert het ook ’n 3-kuns behaal, wat ’n besonderse prestasie vir sy span is.

Uppies wen dus die eindstryd met 38 lopies en word as ligawenners gekroon.

You need to be Logged In to leave a comment.