Die Bloemfontein-kinderkoor het die afgelope naweek as die genooide gaste van die Kimberley Academy of Music (KAM) op die jaarlikse KAM-konsert in die St. Cyprian-katedraal opgetree. Dié koor, wat staande applous ontvang het, het ook saam met die Kimberley-kinderkoor gesing. Die konsert word jaarliks deur die musiekskool gehou om die KAM-ensembles, musici en sangers blootstelling tydens openbare optrede te gee. Die optrede van genooide gaste soos die Bloemfontein-kinderkoor, onder leiding van Werner Stander, bied ook aansporing om hoër prestasies te bereik, sê Estelle Vorster, KAM-bestuurder.

Foto: Charné Kemp

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article