Biskop Bill Meaker van die Metodistekerk in Suid-Afrika maak die volgende opmerking: “Easter is not just something that happened a long time ago. It happens every day . . . It happens today . . .”
Ja inderdaad, want toe God Jesus uit die graf opgewek het, het daar ’n krag losgekom wat die lewe van mense kan verander – wat dood in lewe kan verander – gebrokenheid in heelheid.
Daar is twee groot magte aan die werk in die wêreld: Die een wat afbreek en vernietig en doodmaak. Andersyds is die mag wat opbou, gesond maak en lewe gee.
Misdaad en korrupsie breek af.
So ook die misbruik van alkohol en dwelms.
So ook dobbelary. So ook oorlog en rassehaat.
So ook selfgerigtheid, trots, gulsigheid en woede.
So ook siekte, ongelukke en pyn.
Het God ’n antwoord hierop?
Ja, inderdaad. Ons noem dit Paasfees.
Die krag van die opstanding kan hierdie dinge omkeer.
Daar waar ’n gebroke lewe weer heelgemaak word.
Waar mense vir mekaar omgee.
Waar bitterheid en wraak omkeer in vergifnis.
Waar ’n lewe van selfgerigtheid omkeer in ’n lewe van diens. Waar gebrokenes se lewe omkeer in vreugde en opwinding – daar sien ons die krag van die opstanding. Dit is hoe Pase elke dag plaasvind.
- Saam met Paulus wil ek bid dat ons sal besef: (Efesiërs 1:19 en 20)

