Baie Christene leef in ’n verkleinde evangelie wat uiteindelik daartoe lei dat ons meer fokus op die “beheer van sonde” as “vreugde omdat ons vrygemaak is”.

Ja, deur ons sonde was ons geskei van God, en die verhouding met Hom is deur Jesus herstel. Tog het ons meer as ’n sonde-probleem.

Ons het eintlik ’n lewe-probleem.

Paulus noem dit in Efesiërs 2:1-7. Hy sê selfs al sou ons nie gesondig het nie, het ons steeds God se ingryping nodig. Hy sê terwyl ons fisiek lewe, is ons geestelik dood sonder Christus.

Dink jy Jesus het gesterf sodat jy die hel kan vryspring? Of dink jy Jesus het gesterf sodat jy saam met Hom kan lewe?

Ons kry baie meer by God as net verlossing van sonde. Ons kry lewe.

En dit is nou tot ons beskikking, nie eers ná ons dood nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article