Ek skryf hier met respek aan al ons mense in Suid-Afrika.
Soms voel ek al die vieringe van herdenkingsdae moet gestop word. Op watter punt gaan ons stop met eensydige saamtrekke? Wil ons mense altyd verskil sien in ons benadering van volksbou? Die swartes voel só, die wittes voel só . . . altyd is daar ’n kwessie van ras. Dit wat die ANC vandag doen, is ’n groot fout; dit wat die Voortrekkers se opvolgers gedoen het deur in 1948 apartheid te begin is ook foutief.
Kan ons nie net onthou om nie meer rasbeleide te handhaaf nie en dat die land se mense van al die kleure hande vat en vorentoe draf vir al ons kinders en hul toekoms.
Ek is moeg vir die twis tussen wit en swart. Wat belangrik is, is dat ons na die toekoms moet kyk, nie na verskille nie.