By twee geleenthede was ek op soek na iemand wat in Kakamas woon, en kon die persoon geensins opspoor nie.
Ek het besluit om die polisiekantoor in Kakamas te nader, en het hulle gevra dat wanneer hul voertuie die gebiede patrolleer hulle oor die vrou sal rondvra. Ná twee dae het hulle haar opgespoor en het sy my geskakel.
Op ’n ander geleentheid het ’n familielid my gekontak en gesê dat hy niks van sy ma wat na Kakamas verhuis het, hoor nie. Hy het gevra of ek kan help aangesien hy in die Kaap woon.
Ek het toe weer soos die vorige keer die polisiekantoor genader. In ’n kwessie van drie ure het hulle haar gevind en polisiekantoor toe geneem waar sy ons kon skakel en vertel dat sy veilig is.
Ek wil hiermee vir elke polisiebeampte wat in albei gevalle betrokke was, baie dankie vir hul hulp en bystand sê. Julle is tops.
Dankie vir die polisie in Kakamas vir die puik diens. Hou so aan. Die Here seën elkeen van julle.


