Twee leerlinge aan die Onafhanklike Skool Curro in Kathu skuur nou skouers met van die land se voorste akteurs.
Ansuné Stolk en Chanté Bardenhorst het in die grendeltyd gewys tyd vir ledig sit is daar nie, en het hulle vir ’n landwye dramakompetisie ingeskryf.
Hulle is uit duisende ander inskrywings oor die land heen gekies om op die Speeltoneel-kompetisie van kykNET te verskyn. Dié gesogte kompetisie word deur bekende akteurs van die kykNET-sepies, Binnelandersen Suidoosterafgerig. Die afrigters is Desiré Gardner, Germandt Geldenhuys en Reynardt Hugo. Die dramaprojek word deur Anthonie Bougas aangebied, wat ook die vervaardiger van Uitblinkers is.
Ansuné en Chanté en ander deelnemers, word vir die vol- gende jaar via videos, Zoom-vergaderings en WhatsApp-oproepe afgerig en touwys ge- maak.
Hulle staan ’n kans om in April 2021 in ’n kortfilm op kykNET te verskyn.