Op die prysuitdelingsgeleentheid van die Hoërskool De Aar (HSDA) is 220 leerlinge vir akademiese en sportprestasies beloon.
Die gr. 12-leerlinge wat op 20 Oktober elk ’n goue sertifikaat vir akademiese prestasie verkry het, is Anja Kleynhans (83,55%), Vicky Coetzee (82,97%) en Jaco-Erik van der Merwe (82,04%).
Die gr. 10-leerlinge wat op dié manier erken is, is Antoné Menne (94,81%, ere-sertifikaat), Liné Pienaar (88,38%), Leandro de Carvalho (87,02%) en TC Markgraaff (82,18%).
In gr. 9 is Charlize Barnard (86,31%) en Farren Duthie (81,22%) met goue sertifikate vereer en die gr. 8-leerlinge wat só op die skouer geklop is, is Anri du Preez (86,18%) en Darrian Brown (81,93%).
Jaco-Erik is die dux-leerling vir 2022.
Leandro het die HSDA-beker vir die veelsydigste kultuurseun ontvang.
Benewens ander blyke van erkenning het uitblinkers op sportgebied trofeë ontvang.
Die Andries Strauss-wisseltrofee vir die veelsydigste junior meisiesportster is toegeken aan Karia Erasmus, terwyl JP van der Westhuizen die W. Lambrechts-beker ontvang het vir die veelsydigste junior seunsportster.
Die Jacques Rust-beker vir die veelsydigste senior meisiesportster het aan Antoné Menne gegaan, en die PJ Louw-beker vir die veelsydigste senior seunsportster is aan André Theron toegeken.
Ethan Afrika het die Funchal-wisseltrofee ontvang vir die leerling met die meeste arendpunte. Maryke Kruger is tweede en Antoné Menne derde.
Anja van der Merwe, Elrisa Truter en Almarié Maritz is as die beste juniors benoem.
Die Leigh-Vern Lamberts-wisseltrofee vir die sportvrou van 2022 is toegeken aan Anika Steyn, en JP van der Westhuizen het die Jaco Wilkinson-wisseltrofee vir die sportman van 2022 ontvang. Die Daniël du Toit-wisseltrofee vir die sportpersoon van 2022 is toegeken aan Kananelo Taiwe.




