’n Jong kok aan die Hoërskool Upington het onlangs haar kook- en bakvernuf in ’n sjefkompetisie ten toon gestel.
Ané Oosthuizen het op 15 Augustus aan die Food and Beverage Institute (FBI) se sjefkompetisie vir Noord-Kaapse skole deelgeneem.
Sy het haar baie goed van haar taak gekwyt en met die derde plek weggestap.