Van links is Adam Wilken (van Itec, ’n borg), Dominic Ericksen, Boitumelo Melesi en Joshua Ericksen (onderwyser).

Supplied

Twee leerlinge aan die NJ Heyns-skool in Kimberley kon danksy die ondersteuning van ruimhartige borge aan ’n kriekettoernooi vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes in Benoni deelneem.
Dominic Ericksen en Boitumelo Melesi is albei gekies vir die span wat die Noord-Kaap by dié toernooi in September verteenwoordig het. Hulle het goed by die toernooi presteer. 
Boitumelo is as die ontwikkelingspeler van die week aangewys en is ook gekies as ’n reserwe-lid van die Suid-Afrikaanse krieketspan vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article