Swemmers van die Hoërskool Kalahari.
Twee leerlinge aan die Hoërskool Kalahari in Kuruman het op 4 November hul swemtalent en harde voorbereiding in die swembad tydens die Upington Prestige Interklub-gala ten toon gestel. Kimberley Strong (links) het die swembad oorheers met sewe goue en twee silwer medaljes. Tiffany Prins (regs) het ook ‘n uitstekende medalje-oes met een goue, twee silwer en drie bronsmedaljes gehad, asook ‘n vierde en vyfde plek. Die skool is ongelooflik trots. “Jul deursettingsvermoë en passie inspireer ons almal. Hou aan reik na die sterre.” FOTO: Verskaf
Thys Fourie
‘n Oudleerder van die Hoërskool Kalahari in Kuruman, Thys Fourie, is ingesluit in die span wat Suid-Afrika by die International Shooting Sport Federation (ISSF) Wêreldkampioenskap gaan verteenwoordig. Dit vind van 6 tot 18 November in Kaïro, Egipte, plaas. Fourie sal die talent wat hom definieer, ten toon stel. Die skool wens hom alle voorspoed toe. FOTO: Verskaf

LEES OOK: Oud-Noord-Kapenaar bou as professor verder aan toekoms

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article