Leef gasvry en met vertroue as gestuurde

Mattheus beskryf in hoofstuk 10:40-42 die slotgedeelte van Jesus se groot sendingpreek.


Mattheus beskryf in hoofstuk 10:40-42 die slotgedeelte van Jesus se groot sendingpreek.

Hierin gee Hy instruksies oor hoe ons gestuur word om ’n nuwe gemeenskap tot stand te bring deur die vrede van Jesus na ander uit te dra.

Mattheus vertel ook dat dit ons in konflik bring met diegene wat nie begrip het vir God se vrede nie. Daarom praat Jesus baie oor vrees en die oorwinning daarvan.

Hy noem ook ’n hele paar keer dat sy navolgers deur ander “ontvang” sal word. Hiermee bemoedig Hy ons. Dit is vertroostend en inspirerend om te weet.

Ons moet verstaan dat Jesus ’n nuwe gemeenskap in sy Naam tot stand bring.

Hy skep ’n nuwe fami- lie: nuwe broers en susters wat die ou, dikwels vyandige familiebande vervang. Nuwe geliefdes (“familie, “broers en susters”) wat hul deure en huise vir mekaar oopmaak.

Wat Jesus wil hê ons moet insien, is dat ons in die vrees van God – wat beteken om Jesus na te volg voor en bo enige ander menslike verhouding – allermins moet dink daar word net van die begin tot die einde met menslike verhoudings en bande gebreek.

Veel eerder is dit die geval dat ons in die proses van verlies ook (en soveel te meer) nuwe familie, vriende, bande, verhoudings en gemeenskap sal ontvang.

In die gestuurde gemeenskap, die kerk, die gemeente wat Jesus, voer gasvryheid die botoon.

Gasvryheid is ’n eienskap wat nie net bekendes nie, maar ook vreem- delinge welkom laat voel. Dit is ’n eienskap wat bedreig word deur die moderne leefstyl waar individualiteit en groepvorming al meer die gonswoorde is.

Probeer aan jou “veilige huis” ook dink as ’n veilige hawe vir mense wat in jou hart kom skuiling soek. Vriendskappe laat mense veilig en geborge voel, en dit is in ons dag so geweldig belangrik.

Jesus sê: Wie weier om te ontvang, ontvang ook nie vir God of Christus nie.

Deel Christus deur gasvry te lewe, vertrouend dat Hy jou nie vir die wolwe gooi nie, maar jou beskerm op jou reis as Sy gestuurde.

You need to be Logged In to leave a comment.