Sewe lede van die Kuruman-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) het onlangs kentekens as erkenning vir die jare wat hulle aan die vereniging behoort, ontvang.
Diensjaarknopies is op 23 November, ten tyde van die tak se jaarafsluiting en prysuitdeling, aan hulle oorhandig.


