Werner Strauss, Afri­Forum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, hard aan die werk op die speelterrein. Foto: Verskaf


Werner Strauss

Werner Strauss, Afri­Forum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, hard aan die werk op die speelterrein. Foto: Verskaf

Lede van AfriForum het onlangs hard gewerskaf om talle kleuterskole en naskoolsentrums in Upington te ontsmet.

Taklede het ingespring om altesaam 21 skole se klaskamers, badkamers, speelterreine en klimrame met ’n bioafbreekbare middel te ontsmet.

Van die skole wat tussen 29 Junie en 3 Julie ontsmet is, sluit in Kaalvoet Kleuters, Ladies en Laaities, Kattermaai-nasorg-en-studiesentrum, Liewe Heksie-kleuterskool, Bakvissies, Golden Rewards, Klitsie-kampus, Fruit Bear Buddies, Sandtrappertjie en Vineyard Kids.

Werner Strauss

Werner Strauss ontsmet ’n klaskamer. Foto:Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.