Die 24-jarige langasem-atleet Arthur Jantjies het nog ’n goue medalje verwerf met die 55ste Diamond-marathon wat op Saterdag 1 Maart deur die Kimberley Harriers-hardloopklub aangebied is.
Jantjies, wat verlede jaar ook die 42,2 km-wedloop gewen het, het dit vanjaar in 02:22:53 voltooi. Verlede jaar het hy dit in 02:27:23 voltooi.
Hy is oorspronklik van Hopetown en is ’n lid van die Kgosi Galeshewe-atletiekklub.

Melissa du Plessis van die Kimberley Harriers het die marathon in die vroueafdeling in 03:22:14 gewen.
Tiisetso Mokhoma was tweede in die mansafdeling van die 42,2 km in 02:29:54, en Raoul Mabirimisa derde in 02:31:08. Tweede in die vroueafdeling was Denice Thomas in 03:47:07, en derde Salumi Kriek in 03:50:22.

Die wenners en naaswenners in die 21 km-wedloop is Siphiwe Mqayisa (01:11:09), Sydney Stevens (01:17:07) en Tumo Thobega (01:18:54) in die mansafdeling; en in die vroueafdeling Kerika le Roux (01:38:13), Fredré Conradie (01:49:07) en Suzanne Esterhuizen (01:55:04).
Die wenners en naaswenners in die 10 km-wedloop is Katlego Stephen Shomoleile (33:44), Jeremiah Mokae (34:44) en Kgatliso Morwe (34:47); en in die vroueafdeling Carli Nel (45:45), Tankiso Julia Lepepolisa (46:32) en Mari Els (48:55).
Ria Janse van Vuuren, sekretaresse van die Kimberley Harriers, sê die klub is baie tevrede met die 55ste Diamond-marathon, wat die tweede oudste marathon in die land is.
Boonop is die Kimberley Harriers die eerste hardloopklub wat in die Noord-Kaap gestig is. Meer as 500 atlete het vir Saterdag se wedloop ingeskryf, en het goeie tye behaal.
- Volg die Kimberley Harriers Running Club op Facebook vir die volledige uitslae.



You must be logged in to post a comment.