’n Patatslaai is ’n interessante gereg met alledaagse bestanddele.

Foto: Weg/Michelle Parkin

Maak die patatslaai so:

Jy benodig:

4 eetlepels botter

2 groot patats, geskil en in 2 cm-blokkies gesny

2 tot 3 wiele feta, gekrummel (addisioneel)

3 sprietuie, fyngekap

2 snye witbrood

Vir die slaaisous:

3 eetlepels olyfolie

2 eetlepels balsemiekasyn

1 eetlepel heuning

So maak jy:

1. Verhit die botter in ’n groot pan of platboompotjie. Braai die patats in die botter tot die oral oor bruin is. (Sorg dat die patats in ’n enkellaag braai).

2. Skep die patats uit in ’n slaaibak en sprinkel die feta en sprietuie oor.

3. Braai die brood oor ’n rooster tot bros en sny dit in klein blokkies.

4. Meng die slaaisousbestanddele goed saam en giet dit oor die patats.

5. Sprinkel laastens die brood oor en sit die slaai dadelik voor.

Bron: Weg, Aletta Lintveld met kos-assistent Tani Kirsten

You need to be Logged In to leave a comment.