Probeer die variasie van die gewone braaibroodjie.

Foto: Weg, Ed O’Riley

Bestanddele

2 eetlepels sondroogtamatiepesto

1 rooiui, dun gesny

3 middelslag of 12 klein rooiryp tamaties, in skyfies gesny

smeersagte botter

2 koppies gemengde gerasperde kaas (gouda, wit cheddar en mozzarella)

sout en peper na smaak

12 snye ciabatta of suurdeegbrood, waarvan die snytjies omtrent ewe groot is.

Metode

1  Smeer ses snytjies brood dun met pesto. Pak die ui, tamatieskyfies, sout en peper en laaste die kaas op al ses.

2. Pak die ander skyfies brood bo-op en druk dit goed vas. Smeer die broodjies nou aan die buitekant met botter – hoe dikker die botter, hoe bruiner gaan die broodjie braai.

3. Pak die broodjies in ’n toeknyprooster en braai dit oor matige kole tot goudbruin met mooi skroeilyntjies van die rooster en gesmelte kaas binne-in. Sit dit dadelik voor.

Bron: Weg! 18 Oktober 2022

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article