Mediese lêers wat persoonlike inligting bevat, insluitend HIV-toetsuitslae, lê weggegooi in ’n openbare ruimte in Upington. Volgens ’n verklaring van #Hope4SA is dié lêers van die Upington-kliniek afkomstig. Die party voer aan die lêers bevat sensitiewe inligting oor individue en ook volle name, vanne, identiteitsnommers en ander belangrike inligting. “Dit is ’n ernstige oortreding van hul regte en veroorsaak onherstelbare skade aan die privaatheid en waardigheid van die betrokkenes,” sê Andrus Strauss, premierskandidaat van die party. Strauss het die gesondheidsdepartement gekontak en die departement aangespoor om onmiddellik op te tree. Hierna het die LUR van gesondheid glo ’n span gestuur om die dokumente te verwyder.

Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article