Henry Lekwate, bekend as “Galeshewe se skilder”, is Sondag (18/06) ná ’n lang siekte in Kimberley oorlede. Lekwate (84), wat ook ’n pastoor was, het in November aan NoordkaapBulletin vertel dat hy van kleins af wou skilder. Kimberley se Groot Gat en treine was sy gunstelingonderwerpe om te skilder. Sy fyn waarneming het lewe met kleur, vasvang van beweging en detail, gekry. Sy begrafnis­diens vind Saterdag (24/06), wanneer hy sy 85ste verjaardag sou vier, in die Church of Christ Mission by 4073 Chaka-straat plaas. Hy word deur sy vrou, Sylvia, twee dogters, een seun, skoondogter, skoonseun, ses kleinkinders en vier agterkleinkinders oorleef. Die familie bedank almal by die Mediclinic Gariep vir hul ondersteuning die afgelope vier weke.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article