Die nasionale departement van basiese onderwys het die datums van die skoolkwartale vir 2022 bekend gemaak.
Leerlinge in die kusgebiede – die Oos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap – sal op 19 Januarie agter hul skoolbanke inskuif. Die Noord-Kaap se kusgebied strek van Alexanderbaai teen die Namibië-grens tot etlike kilometers suid van Hondeklipbaai.
Leerlinge in die binneland – Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes – moes reeds op 12 Januarie vir onderrig aanmeld.
Skoolkwartale
Kusgebiede
- Eerste kwartaal: 19 Januarie tot 25 Maart;
- Tweede kwartaal: 5 April tot 24 Junie;
- Derde kwartaal: 19 Julie tot 30 September; en
- Vierde kwartaal: 11 Oktober tot 14 Desember.
Binneland
- Eerste kwartaal: 12 Januarie tot 17 Maart;
- Tweede kwartaal: 5 April tot 24 Junie;
- Derde kwartaal: 19 Julie tot 30 September; en
- Vierde kwartaal: 11 Oktober tot 14 Desember.

