AfriForum se Kuruman-tak het op 29 Mei die inisiatief geneem om die middedorp te ontsmet om te verseker dat inwoners wat tydens vlak 3 weer begin werk, na ’n veilige en higiëniese omgewing kan terugkeer.
Die AfriForum-buurtwag en die -brandspan het die hele middedorp ontsmet.
Die tak gaan dié taak as ’n volhoubare projek aanpak en die dorp drie keer per week vir die volgende drie weke ontsmet. Die ontsmetting word laataand gedoen wanneer daar geen motors of voetgangers is nie.
“Ons wil die publiek graag aanmoedig om by sulke projekte betrokke te raak om inwoners te help beskerm,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.