Die ATKV Karoo Toneelfees vind in Augustus in Victoria-Wes plaas.
Van 21 tot 23 Augustus sal 17 skole hul talent op die verhoog ten toon stel. Die Hoรซrskool Upington open die fees op Donderdagaand 21 Augustus met sy inskrywing.
Diรฉ fees word deur die Apollo-teater se span gereรซl, met die ATKV as ‘n borg.
Volgens Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak en organiseerder van die fees, sal hierdie jaar se program ook kuns-, musiek-, dans-, toneel- en letterkundewerksessies insluit.

Diรฉ tak is besonder trots op die eerbewys wat hulle tydens die ATKV Kultuurfees, wat in Mei plaasgevind het, ontvang het.
Die eerbewys is verwerf vir die Karoo-toneelfees van 2024, in die afdeling hoรซ gehalte met kuns.
Vuurvonkies, die jeugtak van die Victoria-Wes- Gekombineerde Skool, het ook ‘n eerbewys vir hul taalprogram vir Internasionale Moedertaaldag ontvang.
Van 6 tot 13 September is dit tyd vir die Vicoria-Wes-kunstefees in die Apollo-teater. Dit is verlede jaar die eerste keer aangebied. Kuns-, foto- en skryfkunskompetisies vind hiertydens plaas.
Gaskunstenaars verskaf verdere vermaak en verskeie werksessies is deel van die verrigtinge.
- Skryf aan die Apollo-teater by apollotheatre.ada@gmail.com vir meer inligting.
- Volg ook Apollo Theatre Victoria West om op hoogte te bly van die teater se program.



You must be logged in to post a comment.