Die Hoërskool Upington het op 19 Augustus sy derde Uppies-mini-krieketfees vir o.13-seuns aangebied. Agt laerskoolspanne het aan dié vriendskaplike wedstryde deelgeneem.
Die Laerskool Op Die Voorpos se A-span, die Laerskool Oranje-Noord se A-span, die Laerskool Seodin se A-span en die Laerskool Kathu se A-, B- en C-spanne, die Laerskool Hopetown en die Griekwaland-Wesse Ontwikkelingsgroep het almal die sportdag meegemaak. Elke span het drie wedstryde gespeel: twee T20-wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een agt-boulbeurt-aandwedstryd.
Die deelnemers sien altyd na dié aandwedstryd omdat hulle onder lig krieket in die aand kan speel.
Pryse is onderskeidelik aan die beste bouler, kolwer en veldwerker oorhandig.
KFC, die hoofborg van die dag, het die spanne met etes en uitrustings vir die aandwedstryde trakteer. ’n Sertifikaat van deelname is aan elke leerling toegeken.
Die Karsten-boerdery het vanjaar al die afrigters met ’n mooi baadjie bederf.
Die dag was weer ’n groot sukses en almal het dit terdee geniet.
Die braaivleisvure het hoog gebrand en goeie vriendskappe is weereens gesmee.