‘Kreatiewe spanning’ met OB-kantoor goed, sê Saul

Tydens die verrassingsbesoek van Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer (OB), aan Kimberley verlede week het adv. Kholeka Gcaleka, adjunk-OB, ’n preek oor etiese leierskap afgesteek.


Tydens die verrassingsbesoek van Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer (OB), aan Kimberley verlede week het adv. Kholeka Gcaleka, adjunk-OB, ’n preek oor etiese leierskap afgesteek.

“Amptenare word nie verantwoordbaar gehou nie, wat beteken daar is geen vooruitgang en verbeterde dienslewering nie.

“Ek hoop dat die premier volgende jaar in sy provinsiale rede voorbeelde kan noem waar hy regstellende stappe gedoen en amptenare verantwoordbaar gehou het. Dit is uiters noodsaaklik dat tradisionele leiers en gemeen­skappe by probleemoplossing betrek word.

“Leiers moet karakter toon en nie belastingbetalers se geld op beuselagtige hersieningsaansoeke mors nie.”

Dit was skynbaar ’n verwysing na Maruping Lekwene, nou LUR van gesondheid, se hersieningsaansoek oor die OB se bevinding teen hom toe hy nog die LUR van finansies en ekonomiese ontwikkeling was.

Sy het bevind dat hy die uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse dobbelraad op onregmatige wyse aangestel het. Maruping het ’n tussentydse interdik bekom wat die aanbevole dissiplinêre stappe teen hom stol totdat ’n hersienings­aansoek aangehoor is.

Lekwene, wat ook op die vergadering was, se lont was kort oor die OB se opmerkings, waarna die premier kom kalmeer het.

Saul sê die “kreatiewe spanning” tussen die uitvoerende komitee en die OB se kantoor kan beter samewerking meebring.

“Ek is besig om met die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika te praat oor die koste en hoe ons die infrastruktuur in die geheel kan opknap.

“Daar sal binne die volgende twee jaar vordering wees.”

In sy reaksie het Bentley Vass, LUR van samewerkende regering, voorgeneem om self na die Greenpoint-huiseienaar te gaan en te verseker die rioolopdamming word blywend opgeklaar.

  • Die OB ondersoek 146 sake in die Noord-Kaap, waarvan 114 met dienslewering te make het.

Haar kantoor het ’n kommer­wekkende toename in die onreg­matige aanstelling van amptenare in die Tsantsabane- en Dawid Kruiper-munisipaliteit en die John Taole Gaetsewe- en Frances Baard-distrikmunisipaliteit opgemerk.

Die ander sake behels die onregmatige toekenning van titelaktes en die toekenning van tenders vir persoonlike beskermingstoerusting.

You need to be Logged In to leave a comment.