Eskom verwag nie dié winter beurtkrag nie.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, het Sondag (21/06) gesê Eskom is vol vertroue dat hy genoeg opwekkingsvermoë het om die hele land gemaklik van krag te voorsien.

“Daar is geen vooruitsig vir landwye beurtkrag hierdie winter nie. Ons het beraam dat beurtkrag beperk kan wees tot drie dae laat in Julie.”

Namate die ekonomie weer in bedryf kom sedert vlak 3 van die Covid-19-inperking ingestel is, het die aanvraag na elektrisiteit begin toeneem. Eskom sê krag moet steeds spaarsamig gebruik word.

Eskom se eie gedokumenteerde vooruitskattings, waarvan die nuutste weeklikse verslag begin Junie op sy webblad gepubliseer is, wys tog op ’n groter risiko vir moontlike kragtekorte in Julie en Augustus. Hiervolgens verwag Eskom geen beurtkrag in Junie nie, maar wel ’n moontlikheid van kragtekorte in die tweede en vierde week van Julie. – Francois Willemse

You need to be Logged In to leave a comment.