Om elke skooldag ’n kosblik te pak, kan ’n uitdagende aktiwiteit raak.

Tog kan ’n paar wenke gevolg word om te verseker dat ’n kind se kosblik interessant bly.

  • Maak seker die kosblik is gebalanseerd en bevat al die basiese voedselgroepe: koolhidrate, proteïene, suiwel, vet, vrugte en groente.
  • Gee water saam om jou kind se konsentrasievermoë helder te hou.
  • Pak die kosblik die vorige aand. Só vermy jy die geskarrel vroegoggend en kan jy meer tyd aan die beplanning en bereiding van die kos bestee.
  • Probeer om verfynde koolhidrate en suikers te vermy.
  • Kies kossoorte wat teen pouse nog lekker gaan lyk en nie te skerp sal ruik nie (waak teen tuna en eier).
  • Skil jou kind se vrugte af. Baie kinders hou nie van vuil of taai hande nie en word daardeur afgeskrik.
  • Kinders is gewoonlik baie gretig om te speel en wil so gou moontlik eet. Gee hulle dus klein, hanteerbare porsies soos vingerbroodjies en stukke vrugte.
  • Pak ’n naskoolpakkie in as jou kind aan buitemuurse bedrywighede deelneem.Droëvrugte, neute, sade en biltong is geskik vir aktiewe kinders met hoë energiebehoeftes.
  • Laat jou kind sy of haar kosblik kies.
  • Sny die kos in interessante vorms.

Pak dít in

Sekere kossoorte behoort elke dag in jou kind se kosblik te wees.

  • Koolhidrate en stysel is ’n bron van energie. Dit moet kos met ’n lae-GI wees, soos twee snye volkoringbrood. Gebakte soetpatat-skyfies is ’n goeie alternatief.
  • Proteïene verseker volgehoue konsentrasie – eier, biltong, hoendervlerkies of ’n stukkie vleis is ideaal.
  • Vet bly ’n belangrike bron van energie. Gebruik botter of mayonnaise op ’n toebroodjie, of sit neute in die kosblik.
  • Vrugte of (onversoete) vrugtesap (200 ml) is vol vitamiene, minerale en vesel. Pak aarbeie, appels of druiwe in.
  • Groente is lekker peuselhappies. Pak stukkies wortels en suikerertjies in.
  • Suiwel is ’n belangrike bron van kalsium. Pak klein blokkies kaas in. Jy kan ’n tandestokkie gebruik en tamaties, kaas en vleis daarop inryg.

You need to be Logged In to leave a comment.