Konsert ’n simfonie in jou ore

As jy die naam Arco Musica hoor, word jy dadelik herinner aan simfoniese klanke, vokale treffers en stylvolle aande.


As jy die naam Arco Musica hoor, word jy dadelik herinner aan simfoniese klanke, vokale treffers en stylvolle aande.

Arco Musica verstom gehore nou al meer as 25 jaar met talent en gehalteproduksies uit eie bodem.

Dit is met die waardering vir uitstaande produksies dat Media24 Sentrale Streek besluit het om met Arco Musica hande te vat en ’n aanlyn konsertreeks aan lesers te bring.

Sedert die begin van die nasionale staat van inperking het Arco Musica musiekprogramme met groot sukses regstreeks op hul Arco YouTube-kanaal en Facebook-blad uitgesaai.

Om voort te bou op hierdie konserte bied Media24 Sentrale Streek en Arco Musica nou die konsertreeks Magic of the Moment aan. Soos die naam aandui sal dit ’n regstreekse konsert wees, waar jy selfs kommentaar op daardie oomblik kan lewer.

Op die spyskaart is voorste kunstenaars, klank en visuele ervaring.

Die eerste Magic of the Moment-konsert vind op 11 Julie om 19:00 aanlyn plaas. Dié konsert se tema is “Arco Musica Goes Vintage”.

Soos die naam aandui, sal daar teruggegaan word in tyd. Heelwat goue oues sal afgestof word vir ’n ware nostalgiese reis, ideaal vir ’n koue aand voor die kaggel.

Kyle Grant, ’n voormalige lid van die groep Adam, sal tydens dié konsert as gaskunstenaar optree.

Die program sluit in treffers soos Queen se “Love of my Life”, Charlie Chaplin se immergewilde “Smile” en Dean Martin se “Ain’t That a Kick in the Head”.

Kaartjies kos R50 per konsert en is by Quicket beskikbaar.

Sodra jy jou kaartjie gekoop het, sal jy ’n skakel na die konsert ontvang.

  • Koop nou jou kaartjie op die volgende skakel: www.quicket.co.za/organisers/27046-central24. Magic of the Moment is die eerste van ’n reeks konserte aangebied deur Media24 Sentrale Streek waarvan Kalahari Bulletin ook deel vorm. Hou Kalahari Bulletin en Kalahari Bulletin se Facebook-blad dop vir meer inligting oor hierdie en ander opwindende projekte. Lees ook meer oor die eerste Buti Yoga-program Saterdag (04/07) op bl. 2.

Meer oor Arco Musica

Arco Musica is ’n groep professionele musikante wat in die vroeë 1990’s ontstaan ??het om aan die groeiende vraag na regstreekse optredes in ’n verskeidenheid musiekstyle te voldoen. Die bestuur van Arco Musica is Arend, Debbie en Arend jr. Brink. Arco Musica is ook die Brinks se geesteskind.

Hulle bied nie net ’n klein ensemble vir intieme optredes nie, maar werk op ’n veel groter skaal, soos om groot musiekskouspele te orkestreer en te koördineer.

Die kernlede van Arco Musica is aktief betrokke by die onderrig en uitvoering van simfoniese en ligte musiek.

Arco Musica probeer ook om ’n platform te bied vir jong en opkomende sangers en instrumentaliste in die vorm van die verwerking van liedjies, begeleiding vir optredes en geleenthede vir blootstelling in grootskaalse produksies.

Hul grootste produksies bevat nasionale kunstenaars wat deur die Arco-orkes ondersteun word en is elke jaar ’n hoogtepunt op die musiekkalender van Sentraal-Suid-Afrika.

You need to be Logged In to leave a comment.