Die afgelope naweek het die winter in meer as een opsig amptelik begin, met sneeu wat onder meer in Sutherland en omstreke geval het. Deon Kotzé van Loxton skryf op Facebook dat takke van swartkarees in sy tuin gebreek het, en hy hoor ook hoe die bome in die straat se takke kraak. Sneeu het ook oor die Drakens- en Matroosberg, onder­skeidelik in Lesotho en die Oos-Vrystaat, en die Wes-Kaap, neergesak. Vandeesweek sal minimum temperature van onder vriespunt plek-plek voorkom. Vir Kimberley is die gemiddelde minimum temperatuur vir die volgende week 3 °C, met die maksimum 15 °C