Die Gordonpark-tennisklub het weer bewys dat hy ’n klub is wat sport en sosiale samesyn goed kombineer.
Die klub het op 15 Oktober ’n vrouedubbelspel- en op 19 November ’n mansdubbelspel-rondomtalietoernooi aangebied, waaraan 28 spelers deelgeneem het.
In die vroueafdeling was Sanette Kapp die wenner en Annette Cilliers die naaswenner.
Die mans se wedstryde is in twee afdelings gespeel. In die Djokovic-groep het Baggie Oosthuizen en Lieben Engelbrecht die meeste punte aangeteken, en in die Federer-groep het Barries Barnard en Gerrit Brand gewen.
Hierna het die vier kragte gemeet en Baggie het as wenner uit die stryd getree, met Barries as naaswenner.
Die kompetisies was baie mededingend en alle wedstryde is in ’n goeie gees beslis.
Al twee dae is gesellig met ’n worsbraaigeleentheid afgesluit, waarop die pryse aan die wenners oorhandig is.