Die Laerskool Staats in Kimberley bied vanjaar weer die Staats Pro 20-aandreeks aan.

Hiervoor ding 14 krieketspanne in twee groepe teen mekaar mee vir ’n kans om in die beker-, plaat- en skild-halfeindronde te speel.

Dié o.13-spanne is betrokke:

  • Laerskool Staats;
  • Laerskool Eureka;
  • Kimberley Junior School;
  • Laerskool Jacobsdal;
  • Laerskool Newton;
  • Laerskool Vooruitsig;
  • Laerskool Hartswater;
  • Futurum Akademie;
  • Laerskool Seodin;
  • St Patrick’s CBC;
  • Kimberley Islamic School;
  • HC Rose Hub;
  • Yorkshire Hub; en
  • Frank Roro Hub.

Die eerste wedstryde word in die week van 19 September gespeel, en die reeks sal oor vyf weke beslis word. ’n Openingsgeselligheid, met ’n kleure-oorhandiging, vind op 15 September in samewerking met die borge in Staats se klubhuis plaas. Die halfeind- en eindronde word op 4 en 5 November by Staats beslis. Die bepalings sal binnekort bekend gemaak word.

Staats nooi alle krieketliefhebbers in die Noord-Kaap om die aandreeks te ondersteun, en bedank die Spur, Hoërskool Noord-Kaap en NTLO Signs vir hul betrokkenheid.

Vir inligting kontak De Wet Kruger by 079-377-3628, 053-831-2035 of sport@staats.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article