Die gewilde Afrikaanse koswerklikheidsreeks, Kokkedoor, trek vir sy tiende verjaardag ’n braai-voorskoot aan.
Belangstellendes kan reeds vir deelname aan dié reeks inskryf wat in 2023 verfilm en uitgesaai gaan word.
Vir Kokkedoor Vuur & Vlam gaan deelnemers alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster moet voorberei.
kykNET nooi daarom nou vurige spanne, wat uit twee lede bestaan, om vir die reeks in te skryf.
’n Span bestaan uit ’n professionele of opgeleide persoon in die kosbedryf, asook ’n familielid wie passievol is om te braai.
Die professionele persoon in die span is die een met kwalifikasies of bewese ervaring in ’n professionele kombuis of het verwante blootstelling in die kosbedryf. Hy/sy het gevorderde koskennis, tegniese vermoe¨ns en gaan skeppend met kos om.
Die ander passievolle spanlid is familie van die professionele persoon, wat waarskynlik met ’n braaitang in die hand gebore is en ’n passie vir kosmaak en die braai-leefstyl het.
Skryf so in:
Besoek die webwerf kyknet.tv of stuur ’n video per WhatsApp-boodskap na 064-736-5013.
Vir die inskrywingsvideo, wat nie langer as drie minute mag wees nie, moet spanne die volgende doen:
- hulself bekendstel;
Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger met ’n geldige identiteitsdokument, wat ten minste 18 jaar oud is op die dag van die oudisie, mag inskryf.
Oudisies sal tydens Januarie en Februarie in Bloemfontein, Gauteng en Kaapstad gehou word.
Spanne wat na die eindronde deurdring, moet van 17 April tot 6 Mei beskikbaar wees wanneer die verfilming in die Kaap-omgewing gedoen gaan word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Desember.
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv.


