Koerante kry nuwe baadjie en meer

Noordkaap Bulletin is die nuwe gemeenskapskoerant wat in die naby toekoms die plaaslike nuus sal bring.


Sentraal24 sit nou die koeranttradisie voort.

Noordkaap Bulletin is die nuwe gemeenskapskoerant wat in die naby toekoms die plaaslike nuus sal bring.

Die samevoeging van Noordkaap en Kalahari Bulletin as een koerant is onafwendbaar weens die impak wat die Covid-19-pandemie tans op die gedrukte media plaas. Sentraal24 sit die koeranttradisie nou só voort:

Media24 in die Vrystaat en Noord-Kaap sit sy tradisie van plaaslike nuus met die herskikking van sy gratis gemeenskapskoerante onder die nuwe naam van Sentraal24 voort.

Die groep het voorheen as Sentrale Plaaslike Koerante, as deel van die groter Volksblad-groep, bekend gestaan.

Die naamsverandering is deel van die pad vorentoe nadat aangekondig is dat Volksblad se papierkoerant vanweë bedryfsrealiteite op 8 Augustus gaan verstryk en voortaan as ’n e-publikasie op Netwerk24 gaan verskyn.

Weens soortgelyke realiteite was Media24 ook genoop om die getal en frekwensie van plaaslike weekkoerante in die Vrystaat en Noord-Kaap in te kort. In die stal van die nuwe Sentraal24:) word Noordkaap (Kimberley en omliggende dorpe) en Kalahari Bulletin (Kuruman, Kathu, Postmasburg, Upington) in die Noord-Kaap saamgevoeg in die nuwe weeklikse streekkoerant Noordkaap Bulletin wat die hele streek sal bedien. ) verval VrystaatNuus (Bethlehem en omstreke) en Kroonnuus (Kroonstad) in die Noordoos-Vrystaat en word dit saamgevoeg as VrystaatKroon wat twee keer per maand as ’n gesamentlike publikasie in albei streke sal verskyn en steeds getrou aan lesers en adverteerders met die gemeenskap kommunikeer.

Die nuwe Sentraal24 se koerante is dus Bloemnuus (Bloemfontein en omstreke), Express (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu), Vista (Goudveld), VrystaatKroon (Noordoos-Vrystaat) en Noordkaap Bulletin (Noord-Kaap).

Media24 het dié stap oor die skuif van Volksblad van papier na digitaal aangekondig teen die agtergrond van die afgelope jare se bedryfs-, sake- en mark-realiteite, soos dalende inkomste uit koerantverkope en advertensies en stygende koste van papier, petrol en verspreiding); die internasionale tendens van die skuif van nuus van papier na digitaal, en die knou van Covid-19 en die inperkingstyd. – Gert Coetzee, Volksblad-redakteur

You need to be Logged In to leave a comment.