NoordkaapBulletin, wat reeds sedert September 1982 ’n gesaghebbende en betroubare nuusbron in die Noord-Kaap is, se digitale voetspoor vergroot.
Die gedrukte koerant verskyn steeds elke Donderdag en word in die hoofstad, Kimberley en 22 ander dorpe versprei.
Met dié publikasie se gratis weeklikse nuusbrief kan nog meer lesers nou bereik word. Die nuusbrief, op selfone of rekenaars te lees, word per e-pos versend, en dit is die ideale platform om nuus en geleenthede wyd bekend te maak. Dit kan op rekenaars of selfone gelees word.
Deel van die digitale voetspoor is die Facebook-blad Noordkaap koerant, wat deur meer as 51 000 volgelinge besoek word, en dit groei daagliks. Op Facebook word die nuutste nuus daagliks geplaas, met ’n skakel na die koerant se webblaaie op netwerk24.com en news24.com waar dié berigte gratis gelees kan word.
Om die nuusbrief te ontvang, stuur e-pos na noordkaap@media24.com

