Die uitslae van Saterdag (11/06) se rugbywedstryde in die ZF Mcgawu subunieliga het weer gewys hoeveel talent daar in die streek is.
Op die Mxolisi Dicky Jacobs-stadion in Upington het die Sunwolves teen Kenhardt gespeel.
Hier het die besoekers met ’n sege van 27 – 19 geseëvier.
Daarna het United vir Upington Dorp vir die oudste Upington-derby verwelkom.
Teen rustyd was Dorp met ’n skrale 5 – 3 voor. In goeie luim het United hierdie ronde gewen met die telbord op 27 – 20.
Op Dorp se tuisveld, Die Eiland, het Defence Force Collegians (DFC) teen Kakamas uitgedraf. Hier was DFC die wenners met ’n telling van 35 – 26, wat hulle na die eerste plek op die puntestand van die liga skuif. – Odette Kruger


