Dramaleerlinge aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas blink voortdurend uit as sterre. Zander Oberholster (links of die foto), ’n gr.11-leerling, het in Junie ’n gasverskyning op die kykNET-sepie Suidooster gemaak. Zander, wat reeds ’n bekroonde jeugakteur is, het ook uitsonderlik op die Youth Arts Festival presteer deur 91% in die digitale monoloog-kompetisie te behaal. Danelle Jacobs, in gr. 12, het na die top 8 van die ATKV-digitoneel­kompetisie deurgedring en sou in die vakansie deel wees van die verfilming vir die derde seisoen van die TV-reeks Gekies vir die kollig. Sy het boonop na die eindronde van die FAK se monuloogfees deurgedring.

Foto: Facebook/HMO Kakamas Credit: SYSTEM