'n Steenbokkie in Mokala
Menige minneskrywer het al in ‘n liedjie of gedig sy geliefde se oë as “bokkie-oë” beskryf. Dié skrywer het waarskynlik die steenbok se sagte oë in gedagte gehad, soos dié een by die Mokala- Nasionale Park in die Kimberley-omgewing. Benewens die steenbok se klein liggaamsbou is sy groot ore, met opvallende merktekens aan die binnekant, van sy mees unieke eienskappe. Volwasse bokke het ‘n skouerhoogte van 45cm tot 60cm, en weeg tot 16kg. Slegs die ramme het horings. Steenbokke beweeg gewoonlik op hul eie en drink min water. Hul voginname is hoofsaaklik afkomstig van die plantmateriaal wat hulle vreet. Steenbokke in die Kalahari is al tot 80km van ‘n naaste waterbron opgemerk. Wanneer hulle bedreig voel, sal hulle plat gaan lê en selfs in erdvarkgate inkruip. Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.