Inwoners van Kimberley kan hulself gereed maak vir ’n besondere “Carols under the Stars”-geleentheid op Woensdag 22 November vanaf 18:00 by Yonder.
Onder talle Kersliggies en die sterrehemel sal besoekers saam met die Yonder-inwoners aan Kersliedere kan sing, terwyl ’n orkes die musiek verskaf.
’n Verteenwoordiger van Yonder sê die geleentheid word aangebied om waarde tot die lewe van ’n persoon met ’n gestremdheid te voeg; en om ’n besondere geleentheid aan hulle en die inwoners van Kimberley te bied. Die mikpunt is om dit ’n jaarlikse geleentheid te maak.
Toegang is gratis, maar besoekers word gevra om nuwe onderklere, sokkies, handdoeke of waslappe vir die mans- en vroue-inwoners van die sentrum saam te bring.
Bring ook ’n kampeerstoel, kombers en piekniekmandjie.
Kosstalletjies en ’n snoepie sal wel beskikbaar wees, asook ’n roomyswaentjie en koffiestalletjie.
Die geleentheid wat voor die koshuise op die grasperk plaasvind, behoort om 21:00 klaar te wees.
Besoekers kan die samesyn in ’n veilige omgewing geniet, terwyl veilige parkering ook op die terrein beskikbaar is.
Verkry toegang by Yonder se hoofingang in Kimdustria.
- Skakel 053-841-0537 tydens kantoorure vir meer inligting.


