Kimberliet jaag titel in Amerika na

Theané Willemse (16) van Kimberley is aangewys om Suid-Afrika in die Mej. Tiener-heelal-kompetisie te verteenwoordig.


Theané Willemse (16) van Kimberley is aangewys om Suid-Afrika in die Mej. Tiener-heelal-kompetisie te verteenwoordig.

Dié byeenkoms word in November in die Amerikaanse deelstaat Florida aangebied. Sy het die nuus op 14 Maart tydens ’n geselligheid in Durban gehoor.

As deel van die veldtog moes Theané heelwat gemeenskaps- en liefdadigheidswerk doen. Sy het haar deel by kinderhuise in en om Kimberley gedoen en ook by skuilings vir hawelose diere gehelp.

Theané, wat tuisonderrig aan die aanlyn skool Teneo ontvang, sê sy droom al sedert kinderjare om ’n model te word.

“Ek het vroeër gimnastiek gedoen, en dit het my baie besig gehou. Vier jaar gelede het ek eindelik die kans gehad om op die loopplank te klim.”

Theané wil ander meisies met groot drome aanmoedig om dit nooit te laat vaar nie en altyd in hulself te glo. Sy wil graag eendag ’n modelafrigter word. Haar ma, Sunette, is die eienaar van Giftly Surprize, ’n geskenkwinkel, en pa Gerhard is die eienaar van GWSW- konstruksie.

Linkie Bessinger

You need to be Logged In to leave a comment.