Kimberley se Botha gereed vir Comrades

Altesaam 54 Bothas tel onder die bykans 25 000 atlete wat vanjaar die Comrades-marathon sal aandurf. Een van hulle is Kimberley se eie HJ Botha, klubkaptein van die Vodacom Kimberley […]


Altesaam 54 Bothas tel onder die bykans 25 000 atlete wat
vanjaar die Comrades-marathon sal aandurf. Een van hulle is Kimberley se eie HJ
Botha, klubkaptein van die Vodacom Kimberley Road Runners, wat vanjaar sy sesde
Comrades aandurf.

Die van “Botha” kom ook in die naam van een van Comrades se
berugte Groot Vyf-bulte, “Botha’s Hill” voor.

Ander gewilde vanne by hierdie jaar se
Comrades-wedloop is Dlamini (altesaam 119 atlete), Ndlovu (altesaam 118
atlete), Khumalo (altesaam 88 atlete), Mthembu (altesaam 78 atlete), Mkhize
(altesaam 77 atlete), Nkosi (altesaam 73 atlete), Ngcobo (altesaam 71 atlete),
Smith (altesaam 64 atlete), Sithole (altesaam 64 atlete), Mahlangu (altesaam 58
atlete), Mokoena (altesaam 56 atlete), Naidoo (altesaam 56 atlete), Du Plessis
(altesaam 54 atlete) en Zulu (altesaam 63 atlete).

You need to be Logged In to leave a comment.