Die o.21-span van die Kimberley-rugbyklub die naweek in Upington as die wenner van die ZF Mgcawu-toernooi uit die stryd getree.
Ses streekspanne uit die Noord-Kaap het Saterdag (16/07) in die MD Jacobs-stadion kragte gemeet.
In die A-poel het Logan, Kimberley en Pixley ka Seme meegeding, met Van Druten, ZF Mgcawu en Namakwaland in die B-poel. ZF Mgcawu het die toernooi in ’n spelformaat van 20 minute aan ’n kant aangebied.
Kimberley en Van Druten het in die eindstryd gespeel, met Kimberley as die wenner.


