Kameeldoring: Tee versit wêrelde

“Where there’s tea there’s hope,” het die dramaturg Arthur Wing Pinero gereken.


“Where there’s tea there’s hope,” het die dramaturg Arthur Wing Pinero gereken.

Tee verdien meer as ’n aanhaling. Dit troos, les dors, vermurwe harte, smee vriendskappe. Dit is ’n verskoning om uit die huis te kom en ’n bron van inspirasie wanneer ’n skrywer se woorde begin opdroog.

G’n wonder oorloë het al vanweë tee se magiese, bedwelmde en kalmerende waarde ontstaan nie.

Dit is waarskynlik die Nederlandse bloed in my are wat na tee smag. Die Nederlanders het nog voor die Engelse tee van China ingevoer. Net ryk mense kon doerdie tyd tee drink.

Die hemelhoë belasting op tee het gewone sterflinge uitgesluit, wat ’n enorme smokkelary veroorsaak het. Selfs ’n oorlog.

Die Boston Tea Party, wat as ’n verset teen belasting op tee begin het, was ook die begin van die Amerikaanse Vryheidsoorlog wat die Yanks van Britse koloniale beheer bevry het. ’n Dooiepunt het ontstaan in die onderhande­linge om die tee in Boston af te laai. Inwoners het aan boord gegaan en die tee in die see gegooi.

As tee-twiste ons maar van staatskorrupsie kan red wat verhoed dat elke sterfling daagliks minstens een beker tee saam met ’n toebroodjie en ’n vrug kan bekostig. Een bottel whiskey wat ’n eertydse LUR – deesdae agter tralies – graag gedrink het, kan 266 bekers tee of sop koop.

As mense tog net kan saam­staan en al die duur bottels whiskey – en Sprite waarmee dit afgesluk word – in die Groot Gat gooi.

You need to be Logged In to leave a comment.