“Why do you go away? So that you can come back. So that you can see the place you came from with new eyes and extra colors. And the people there see you differently, too. Coming back to where you started is not the same as never leaving.” – Terry Pratchett, A Hat Full of Sky
Elke keer dat hy beplan om oorsee te reis, belowe hy homself dat hy hierdie keer meer georganiseerd sal wees.
Tog, sonder uitsondering, eindig hy voor sy tas met ‘n hoop klere, skoene, en ‘n paar vreemde artikels wat hy regtig nie nodig het nie – want wat as hy skielik ‘n spesifieke trui nodig het vir ‘n ysige aand wat nooit gaan gebeur nie?
Tas pak is ‘n wetenskap én ‘n kuns.
Dit begin met ‘n naïewe optimisme: “Hierdie keer gaan ek minimalisties pak.”
Spoedig gee hy egter toe aan die vrees dat hy iets gaan misloop. Moet hy ses paar skoene neem?
Gaan hy regtig tyd hê om drie boeke te lees?
Moet hy dié een ekstra baadjie vat, net vir ingeval?
Moet hy iets formeels neem as daar genoeg geld is vir ‘n duur restaurant?
Dan kom die strategiese fase. Rol hy klere op om ruimte te spaar of vou hy dit netjies?
Die stryd om vloeistowwe in te pak sonder om die hele tas in ‘n chemiese ramp te verander, is ‘n uitdaging op sigself.
En natuurlik, die gewigtige vraag: Gaan die tas binne die bagasie-limiet wees?
Uiteindelik, ná ‘n stryd met ‘n rits wat nie wil toe nie, sluit hy die tas en besef: Hy het waarskynlik ‘n paar noodsaaklikhede vergeet, maar ten minste is hy op pad na avontuur.
En as hy iets regtig nodig het? Wel, dit is waarvoor winkels daar is.