“There are wounds that never show on the body that are deeper and more hurtful than anything that bleeds.” – Laurell K. Hamilton, Mistral’s Kiss

’n Stilte heers in die hofsaal. Tegelyk respekvol, afwagtend, traumaties.

Om die hoë vensters loei die wind. Bruin oorheers in die ou hofsaal: houtpanele teen die mure, houtsitplekke en bruin meubels. Selfs die regter se bank en die ou juriebanke is van hout gemaak. So ook die relings om die getuie- en beskuldigdebank.

Die regsgeleerdes se opgestopde stoele is met rooi leer oorgetrek. Voor hulle lê lêers en dokumente oor die lessenare versprei. Die mikrofone op die podiums gloei rooi. Aan die woord is ’n regsverteenwoordiger. Soos die ander regsgeleerdes maak sy aantekeninge van elke vraag en antwoord van die getuie.

Die regter luister aandagtig. Agter haar hang die landsvlag en pryk die landswapen teen die muur. Hier moet geregtigheid geskied. Die waarheid moet seëvier en leuens openbaar en verwerp word. Bewerings en aantygings oor die beskuldigdes se dade moet bewys word. Die polisie het hul bewyse tot hier gebring; die aanklaer moet die aanklagte bo alle redelike twyfel bewys. In die galery sit die naasbestaandes en ondersteuners.

Hul harte is gebreek, smagtend na antwoorde op duisende vrae.

Die regsverteenwoordigers het benewens hul togas ook maskers op. Een se broer ook vermoor. ’n Ander een se ouers is in ’n plaasaanval gemartel en vir dood agtergelaat. Hulle kon nog nie in die galery gaan sit nie, want niemand is al aangekla van die misdade teen hul geliefdes nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article