Wanneer Oudste ’n onbekende die pastorie se klokkie sien lui, skree hy kliphard: “Hier is ’n honger mens!”
Die ander dag toe sy ma ál singend afstof, mor die seunskind oor die “geraas”.
Sy ma vra ewe aspris of hy nie ook wil inspring en help nie.
Hy kyk verward na haar en sê: “No, I am not a dwarf, thanks.”
Sy ma frons.
“You are just like Snow White. Always cleaning and singing. Too bad you do not have animals to help you.”
Later die dag, midde-in beurtkrag, speel Oudste met sy plastiekswaard en sê hy het eindelik ’n naam vir sy swaard gekry: “Dark Savior”.
Dark Savior word kort daarna vir ’n speelstetoskoop verruil en “Sneeuweetjie” is die pasiënt.
Ná die diagnose van ’n seer keel, perfekte vetpersentasie en ’n arm wat verbind moet word, ontleed die kamma-dokter ’n kamma-speekselmonster onder sy kamma-mikroskoop.
“Mamma, you have the tickleboodies virus. It means your bum is itching. You should rest. Your heart needs some rest, too.”
Daardie aand lees sy pa vir hom Asterix en verduidelik Zeus is die god oor gode.
“No Daddy, there is only one true God,” korrigeer hy sy pa.
Mamma is trots op haar seun se uitkenningsvermoë, maar waarsku die volgende dag hy moenie mense op hul baadjies oordeel nie.
“But it is summertime. Only crazy people wear jackets in summer.
“Besides, everyone makes mistakes.”

