“I never intended to disappoint you. You created a one sided promise I never agreed to. Note to self: A request is not an obligation. A one-side promise is the recipe for resentment.” – Brian Schwartz

In ’n tyd wanneer jy dink jy moet dalk solank jou bed in Huis Herfsblaar bespreek, is jy steeds nie te oud om lesse te leer nie.

Inteendeel, tot die dag dat jou asemhaling staak en jou hart rus, jou fronse ontspan, jy die saligheid beleef, sal jy leer.

Ek wens my pa het my van sy laaste lesse vertel, sodat ek dit kon benut.

Hy het altyd ja gesê; inskiklike, dierbare man wat hy was.

Maar hy het ook geweet wanneer om nee te sê; later geweet dat hy nie meer moet bestuur nie.

Om nee te sê is ’n moeilike een.

Jy dink jy sal iemand ’n guns doen.

Jy stel jou weeklikse samesyn met iemand spesials uit.

Neem jou kosbare naweektyd en gee dit vir iemand.

Iemand wat tot op die laaste oomblik vergeet het om jou na die geleentheid te nooi.

Dit is dan te verwagte dat sy of hy nie daar sal wees om jou te ontvang nie, want alles is holderstebolder.

Mense skarrel, kinders hol rond, die stof hang.

Intussen smag jy na jou naweektyd by jou huis, waar jy koffie op die stoep kan teug, aan ’n deurdrenkte beskuit suig, ontbyt voorberei, in die tuin krap, later tafel dek sodat jy kan eet en drink, lag en vrede ervaar.

You need to be Logged In to leave a comment.