“According to many dream interpreters, winning a lottery is a good sign, symbolic of progress, growth, sustainability, and good luck. If you dream about winning a massive cash prize, it could mean you will inherit property or see windfall profit in business. But this dream isn’t just about financial gain. Dreaming about winning the lottery could also mean gaining recognition, respect, fame, popularity, friendship, and goodwill.” – dreams.co.uk.

Hoeveel van ons het nie al gedroom nie, of gewens, dat geld skielik instroom en jy nooit weer hoef te werk nie.

Sommiges dink hulle kan oornag miljoenêrs word deur die toordokters te raadpleeg. Diegene wat adverteer dat hulle jou kan help om die Lotto te wen.

Hoekom speel hulle nie self die Lotto en wen, dan hoef hulle nie hul vulgêre pamfletjies oral op lamppale en elektriese bokse te plak nie?

In howe hoor jy gereeld hoe skelms ná die moord of roof by die toordokter opdaag vir rituele om nie gevang te word nie. Of hulle bind allerhande toorgoed aan hul lyf om buite bereik van die lang arm van die gereg te bly.

Drome van geld, om te onthou hoe ek en my oorlede pa gesels het sodra hy sy lotto-kaartjie in sy bosak gesteek het; vir wie hy dadelik geld sou gee; wat hy sou koop en doen. Dié praatjies is nou, terugskouend, wonderlike herinneringe. Meer as enige geld werd.

Selfs wanneer jy ietsie êrens wen of kry, is die plesier en genot daarvan om gelukkig te voel, veel kosbaarder.

You need to be Logged In to leave a comment.