“PR people are storytellers. They create narratives to advance their agenda. PR can be used to protect, enhance or build reputations through the media, social media, or self-produced communications. A good PR practitioner will analyze the organisation, find the positive messages and translate those messages into positive stories. When the news is bad, they can formulate the best response and mitigate the damage. – forbes.com/sites/robertwynne

Dit is die beste van tye, dit is die slegste van tye. Beproewende tye behoort die beste eienskappe in mense na vore te laat kom.

Terwyl ons hier sonder water sit, spring die owerhede rond en diep verskonings op uit Noag se ark. Die pype is oud, dit breek en verkrummel voor hul gevoude handjies en drillende wange.

Het ons nie besef ons gaan in die afgelope 30 jaar meer mense word nie? Dat ons stad gaan uitbrei en besighede groei nie?

Boonop het die post-apartheid-universiteit derduisende studente na die stad gelok. Woonhuise om die universiteit word in losies­huise omskep, met of sonder goedgekeurde bouplanne. Waar daar jare gelede vier mense in een huis gebly het, is daar vele meer huisbewoners. Boonop spog die burgemeester met hoeveel uitbreidings, huise, kerke en geboue opgerig gaan word.

Steeds ly die mense in die armste gebiede. Rioollekplekke vreet ongeteerde paaie weg en verspoel kinders se speelplekke in hul tuine; slaggate gedy; mangatdeksels verkrummel en laat gapende gevaarlike gate op sypaadjies, wat ook verkrummel. Lamppale word omgery en net so gelaat. Watter goeie storie kan die skakelmense enigsins voorhou?

You need to be Logged In to leave a comment.