“A Right to Die should be as acceptable as the Right to Live. People shouldn’t be held hostages in their own bodies.” − Mitta Xinindlu
Lewe en dood dra ewe veel gewig; die een is nie belangriker as die ander nie.
Dié wat gebore word, sal ook sterf. ‘n Oeroue wet. Hoe het die mens so arrogant, selfsugtig, selfbelangrik, eiewys en selfbehep geword? Om te besluit wie leef, en wie nie. En hoe ons moet leef, of nie.
Dit maak nie saak of die prognose sleg lyk nie, pomp hom of haar vol mensgemaakte medikasie, doen allerhande prosedures, solank daar betaal word.
Wat is die menslike idee van etiek oor die lewe en die dood? Wat is die eed wat afgelê is? Wat sê dit van die pasiënt se geliefdes, hulle wat die gevolge moet dra van lewensveranderende besluite?
Die dood is dalk ook eties omdat dit kan verlos en vrymaak.
‘n Ander voorbeeld is dié van ‘n vriendin wat ná ‘n ernstige fiets-ongeluk per helikopter na die hospitaal gebring is waar daar om haar lewe geveg is; en wie weet hoeveel miljoene bestee is. Wel wetend dat sy onomkeerbare breinskade opgedoen het.
‘n Jaar en ‘n half later is sy tuis, ‘n dop van ‘n mens wat niemand herken nie; wat omgekrap raak wanneer sy gevra word om te eet of uit die bed te klim. Vier keer per dag moet versorgers inkom om haar te was en doeke te ruil.
Sy was ‘n uitsonderlike mens, hoogsgerespekteerde skoolhoof, fantastiese vrou en ma en vriendin duisend.
Was daar eerlike gesprekke in die hospitaal met naasbestaandes oor wat kon voorlê, is hulle ‘n keuse gegee?
Want hul lewe, soos hare, is nou onomkeerbaar gekluister.


