Kameeldoring: Droogte en virus eis sy tol

As dit met jou kinders goed gaan, gaan dit goed met jou.


As dit met jou kinders goed gaan, gaan dit goed met jou.

Hoe kry ’n ouer dit reg om die spanning van kinders af weg te hou as daar nie meer geld vir skool, koshuis of universiteit is nie.

Die droogte en nou die Covid-19-pandemie, het ’n groot sneeubaleffek.

Gesinne, ’n hele gemeenskap, ’n hele dorp kry swaar.

Boere, sakemanne en broodwinners het kontantvloeiprobleme.

Vir solank dit nie reën nie, is daar vir die boere geen uitkoms nie.

Besighede se inkomste verminder drasties.

Plaaswerkers word afgedank.

Bejaardes kan nie meer oorleef met die karige pensioen of toelae wat hulle van die staat af kry nie.

Gesinne verloor hul huise.

Kleintjies gaan slaap met leë magies. Koskaste is besig om leeg te raak.

Mense sê dit is belangrik dat ons as ’n land moet saamstaan en gemeenskappe moet ondersteun.

Maar hoe wanneer niemand iets het om te gee nie?

Geld is skaars, want boere in die droogtegeteisterde gebiede se groente groei nie meer nie en die skape vrek.

Eskom is steeds op sy knieë. Gaan beurtkrag dalk almal se voorland wees? Hoeveel huise gaan vernietig word deur die nalatige gebruik van kerse.

Jaar in en jaar uit voel talle moedeloos. Daar is nie geld nie. Daar is nie krag nie. Die kos raak op.

Ons kan eintlik nie sê 2020 het almal onkant gevang nie. Dit gaan al vir jare so.

You need to be Logged In to leave a comment.