Drie van die Hoërskool Kalahari se skuts het in die September-vakansie as deel van die Noord-Kaap-span aan die nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem.
Mienel Markram was deel van die o.16-veerskietspan en het ’n goue medalje verwerf.
Delarey Saaiman en Nicol Pietersen, lede van die o.14-veerskietspan, het elk ’n silwermedalje verwerf.
Die Noord-Kaap is as die algehele wenner in die veerskiet-afdeling aangewys.

